Skip to main content

Toergroepe

Toergroepe

Ek is tans besig met die beplanning en voorbereiding van opwindende toergroepe na unieke bestemmings regoor die wêreld. Hierdie afdeling is vir diegene wat die wêreld saam met my wil ontdek.

Jordanië 2027 saam met Swerfster


Datums:

Saterdag, 27 Maart 2027 - Saterdag, 3 April 2027

(7 dae, 6 nagte)


Die Hoogtepunte:

Jerash: ’n Antieke Romeinse stad wat beskou word as die bes-bewaarde een buite Italië.

Amman: Jordanië se historiese hoofstad, insluitend die bekende Sitadel met ’n 360-grade uitsig en die Romeinse Teater van Amman.

Madaba: Die historiese dorp waar ons die oudste mosaïek-kaart van die Heilige Land kan sien.

Die Dooie See: ’n Lekker lui dag by die dooie see waar jy gewigloos in die terapeutiese soutwater kan dryf.

Petra: Een van die Nuwe 7 Wêreldwonders! Verken hierdie "Roosstad" teen jou eie pas. (Daar is gholfkarretjies en donkies beskikbaar as jy nie die hele afstand wil stap nie, ek stap baie stadig so ons kan die hele dag vat om Petra te verken).

Wadi Rum Woestyn: ’n 4x4-safari met die mooiste sonsondergang, ’n tradisionele kos-feesmaal waar hulle die kos onder die grond gaarmaak, en ’n aand in ’n

netjiese woestynkamp.

Plaaslike Koningskos: Ek gaan julle na my gunsteling restaurante neem. Ons gaan die nasionale gereg, Mansaf, eet by die legendariese Al Quds restaurant in Amman. Ons gaan ook by die wêreldberoemde Hashem Restaurant eet (hulle het die beste hummus en falafel). Julle kan ook uitsien na die Kunafa-gebak (baie lekker nagereg) by die sit-en-ontspan tak van Habibah Sweets.


Prys en Betalingsplan:

Standaard Prys: R24,900 per persoon wat deel (Land-Only).

"Early Bird”-afslag: As jy onder die eerste 3 mense is wat jou plek bespreek, betaal jy slegs R23,400 (Jy spaar R1,500!).

Maklike Afbetaling: Jy betaal jou deposito nou (of voor die 31ste Augustus) om jou sitplek te bespreek, en daarna ’n maandelikse bedrag van R4,380 vanaf September 2026 tot Januarie 2027.


Wat is INGESLUIT:

6 Nagte in skoon, 3-ster boutique hotelle en ’n mooi woestynkamp.

Al jou ontbyte en tradisionele aandetes.

Privaat vervoer in ’n luukse, lugversorgde 10-sitplek minibus met ’n plaaslike

drywer.

Al jou toegangs-visums en toegangskaartjies na al die historiese plekke (ek gaan almal help met die Jordan Pass).


Wat is UITGESLUIT:

Internasionale retoervlugte (Johannesburg na Amman retoer). Almal bespreek hul eie vlugte sodat jy jou eie myle/punte kan gebruik, maar ek help jou stap-vir-stap om die regte, bekostigbare vlugte te kies.

Daaglikse middagetes, drankies en persoonlike uitgawes.

Versekering.

Enigiets anders wat nie duidelik genoem is nie.

Indien jy enige vrae het, eerste in die ry wil wees vir inligting, of 'n spesifieke land wil voorstel wat ons moet besoek, stuur gerus vir my 'n e-pos met TOERGROEP as onderwerp.

Stuur 'n Navraag Per E-pos

Comments